Virginia-klas duikboot

USS Virginia in vaart
Profiel van USS Virginia

Die Virginia-klas duikboot is die nuutste klas van die Amerikaanse Vloot. Nadat die Koue Oorlog beëindig is, het die Amerikaners besef dat hulle duikbootbehoeftes drasties gaan verander, baie minder duikbote wat ballistiese missiele dra benodig sal word en dat die duikbote van die toekoms meer veelsydig moet wees.

Die hele duikboot is met 'n rekenaar ontwerp. Die duikboot moet kan aanpas by die veranderde behoeftes, missies en dreigemente wat mag opduik. Die ontwerpbeginsel is dat die duikboot by nuwe omstandighede moet kan aanpas deur nuwe tegnologie met geïntegreerde elektroniese stelsels te kan koppel.

Ander kenmerke is dat die duikboot se sonarstelsel die grootste seinverwerkingsvermoë het van alle bestaande duikbootjagters. Dit beskik oor 'n spesiale vertrek wat oor 'n Integrering Aan/Af fasiliteit beskik, die vertrek word gebruik in operasies te same met die Spesiale Magte wat oor onderwater vaartuie beskik. Dit beskik ook oor 'n verskeidenheid wapens wat swaargewigtorpedo's, seemyne, Tomahawk-kruisermissiele asook onbemande onderwatervaartuie insluit.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search